Heidelberg 280px Kaart Wapen 170px|center 75px|center Vlag 90px|center Land Deelstaat 20px Baden-Württemberg Koördinate Stigting 1196 (eerste verwysing) Stadstatus 1196 Oppervlakte: - Totaal 108,83 vk km Hoogte bo seevlak 114 m Bevolking: - Totaal (31 Desember 2010) 147 312 - Bevolkingsdigtheid 1 354/vk km Tydsone UTC +1 (MET) - Somertyd UTC +2 Burgemeester Eckart Würzner Amptelike Webwerf www.heidelberg.de
Heidelberg is 'n stad in Baden-Württemberg, Duitsland. Teen 2010 was die inwonertal ongeveer 147 000 in die stad se 109 km².
Heidelberg is langs die Neckarrivier geleë waar dit in die Rynvallei invloei en by die Ryn aansluit in Mannheim.
Geografie Heidelberg is op die linkeroewer van die Neckarrivier geleë, begrens deur die berg Königstuhl (568 m) en Gaisberg (375 m). Aan die regteroewer is die Heiligenberg (445 m). Die Neckar sluit ongeveer 22 km wes aan by die Ryn.
Geskiedenis Heidelberg is reeds in 1196 die eerste keer beskryf, maar die omgewing was reeds wesenlik langer bewoon: In 1907 is 'n gedeelte van 'n skedel gevind, in Mauer in die omgewing van Heidelberg, van die sogenaamde Homo heidelbergensis wat ongeveer 500 000 jaar oud geskat word. Op die Heiligenberg, wat noord van die Neckar by die stadsdeel Neuenheim geleë is, is tekens van bewoners uit die vroeë steentydperk, die Kelte en die Romeine, gevind.
Sien ook Bertha Benz Gedenkroete
Verwysings
Eksterne skakels
Amptelike webwerf van Heidelberg
Kategorie:Nedersettings in Baden-Württemberg