Heidelberg is 'n dorp met 35 563 inwoners in die Gautengprovinsie van Suid-Afrika. Heidelberg is geleë aan die voet van die Suikerbosrand, langs die N3-snelweg wat Johannesburg met Durban verbind. Die dorp het in 1862 ontstaan as 'n handelstasie, opgerig deur 'n Duitser, ene H.J. Uekermann.

Besienswaardighede Heelwat van die geboue wat dateer uit die tydperk 1890 tot 1910 het behoue gebly en is steeds kenmerkend van Heidelberg. Die huis van A.G. Visser, die bekende Afrikaanse digter, is geleë in die dorp. Die Heidelberg-konsentrasiekamp-begraafplaas van vroue en kinders wat gesterf het gedurende die Tweede Vryheidsoorlog. Heidelberg-Vervoermuseum is gesluit nadat British American Tabacco hul geldelike steun onttrek het. Die Suikerbosrand-natuurreservaat het 'n groot verskeidenheid dier-, plant- en voëlspesies. Heidelbergkloof was 'n gewilde ontspanningsoord met verskeie fasiliteite soos swem, piekniek en kampering, dit is nou 'n eksklusiewe woonbuurt met toegangsbeheer. Daar is 'n gedenkteken vir die Driemanskap wat die Zuid-Afrikaansche Republiek in 1880 voorlopig uit Heidelberg bestuur het. Die Nederduitse Gereformeerde Kerk, ingewy in 1890, is tot 'n nasionale monument verklaar. Heidelbergstadsaal, ontwerp deur Gerard Moerdijk, 1937

Distrik Die distrik is 3 724 km2 groot. Die belangrikste produkte is suiwel, beesvleis en mielies.

Sien ook Driemanskap-monument Gereformeerde kerk Heidelberg Ander dorpe en stede met die naam Heidelberg Lys van dorpe in Suid-Afrika

Verwysings Kruger, Elfriede: Waar ou Heidelberg hang ...In: Suid-Afrikaanse Panorama. Jaargang 35, nr. 4, Julie/Augustus 1990. ISSN 0491-4783

Eksterne skakels

Google-kaart

Kategorie:Nedersettings in Gauteng