Die Ryn (Duits: Rhein, Frans: Rhin, Italiaans: Reno, Retoromaans: Rain, Nederlands: Rijn, Latyn: Rhenus) is 'n rivier in Europa met 'n lengte van 1 238,8 kilometer.

Die naam Ryn is van Keltiese oorsprong en beteken vloeiend. Tesame met die Donau het die Ryn die grootste gedeelte van die noordelike grens van die Romeinse Ryk gevorm. Die Romeine het die rivier Rhenus genoem. Sedert die antieke tydperk is die Ryn 'n besige waterweg.

Met jaarliks sowat 300 miljoen ton se vrag, wat hier vervoer word, is die Ryn die belangrikste waterweg in Europa. Tagtig persent van alle goedere, wat op Europese waterweë vervoer word, word op Rynskepe gelaai. As waterweg verbind die rivier groot nywerheidsgebiede langs sy oewer met mekaar en bly danksy 'n gesofistikeerde radarstelsel 365 dae per jaar bevaarbaar – selfs in digte mis.www.bpb.de: Der Rhein – der Handelsstrom

Die Ryn is daarnaas een van die hoofare van Europese kultuur wat die Alpegebied met die Noordsee verbind en oor 'n lang afstand die grenslyn tussen die oorspronklik Romeins-oorheerste gebiede van Suid- en Wes-Europa en streke onder Germaanse invloed vorm. So het die meeste stedelike nedersettings langs die Ryn aan sy linkeroewer ontstaan. Van hul beskeie begin as militêre kampe het hulle gegroei tot vroeg-Christelike biskopsetels en uiteindelik tot Middeleeuse handelspilpunte.Barbara Borngässer, Achim Bednorz (fotograaf), Rolf Toman: Kirchen, Klöster, Kathedralen. Eine Reise zu den bedeutendsten Meisterwerken. Potsdam: h.f. ullmann publishing 2015, bl. 11

Die loop van die rivier Sy twee bronriviere, die Vorderrhein (Duits: "Voorryn") en Hinterrhein ("Agterryn"), ontspring in die Sankt-Gotthard-bergmassief (Kanton Graubünden) in die Switserse Alpe. duimnael|links|Die Middelrynvallei het in die 19de eeu 'n trekpleister vir kunstenaars, die sogenaamde Rynromantici, geword. Die landskap is tot Unesco-wêrelderfenis verklaar

Hierna vloei die rivier deur die Bodenmeer na die weste en vorm 'n rukkie die Duits-Switserse grens. Naby Schaffhausen is die Ryn-waterval en naby Basel draai dit na die noorde en kom uit in die vlakte van die Bo-Ryn, waar dit die Frans-Duitse grens vorm. Naby Bingen ontmoet die rivier die Duitse middelgebergte en vorm die pragtige Middelrynvallei. Ná Bonn bereik die Ryn vlakker gebied.

Die Ryn se monding is in Nederland waar die rivier in drie arms vertak, die noordelike Yssel -wat na die Ysselmeer stroom-, die eintlike Ryn en die groter suidelike Waal. Oorspronklik het die Ryn self naby Katwyk in die Noordsee uitgemond, maar vandag is dié Oude Rijn net 'n klein riviertjie, omrede dit in 1122 naby Wijk bij Duurstede afgesluit is. Die meeste water gaan nou deur die Lek en die Waal. Albei dié rivierarms vorm saam met die Maasrivier 'n uitgestrekte delta, die Ryn-Maas-delta, voordat hulle in die nabyheid van Rotterdam in die Noordsee uitmond. Die Waal en die Maas het tot 1904In 1904 is die Maas naby Woudrichem afgesluit en het 'n ander loop gekry, die Bergse Maas. saamgekom naby Woudrichem en het daar die Merwede of Merwe (Middelnederlands: Merowe) gevorm, wat bekend is van die Afrikaanse van Van der Merwe, maar waarskynlik ook van die Merovinge.

Regterkantse syriviere van die Ryn uit die Swartwoud (Schwarzwald) (van die bron na die noorde): Wutach Wiese Dreisam Elz Kinzig Rench Murg Alb Neckar Main Murg Lahn Wied Sieg Wupper Düssel Ruhr Emscher Lippe

Linkerkantse syriviere van die Ryn Thur Murg Necker Sitter Töss Glatt Aare Birs Ill Nahe Moesel Nette Ahr Erft

Stede langs die Ryn (L vir stede wat links geleë is, R vir stede wat regs geleë is. Links staan ewe aan "wes" en regs staan ewe aan "oos".)

Ilanz Chur Kreuzlingen (L) Konstanz (R) Stein am Rhein Schaffhausen (R) Rheinau Eglisau Kaiserstuhl (Aargau) (L) Waldshut (R) Laufenburg (Baden) (R) Laufenburg (Schweiz) (L) Bad Säckingen (R) Rheinfelden (Baden) (R) Rheinfelden (Schweiz) (L) Basel (L) Kleinbasel (R) Mülhausen (L) Breisach am Rhein (R) Straatsburg (L) Kehl (R) Karlsruhe (R) Wörth am Rhein (L) Germersheim (L) Speyer (L) Ludwigshafen (L) Mannheim (R) Gernsheim (R) Mainz (L) Wiesbaden (R) Rüdesheim am Rhein (R) Bingen (L) Sankt Goarshausen (R) Sankt Goar (L) Boppard (L) Lahnstein (R) Koblenz (L,R) Bendorf (R) Neuwied (R) Weißenthurm (L) Andernach (L) Bad Hönningen (R) Bad Breisig (L) Sinzig (L) Linz am Rhein (R) Remagen (L) Unkel (R) Bad Honnef (R) Bonn (L,R) Königswinter (R) Niederkassel (R) Wesseling (L) Keulen (L,R) Dormagen (L) Monheim am Rhein (R) Düsseldorf (R,L) Neuss, (L) Krefeld-Uerdingen (L) Duisburg (R,L) Rheinberg (L) Wesel (R,L) Xanten (L) Rees (R) Emmerik aan die Ryn (R) Lobith (R) Arnhem (R) Wijk bij Duurstede (R)

In 1122 is die Ryn naby Wijk bij Duurstede afgesluit en sy water het sedert dié tyd deur die Lek sy pad na die see gevind. Aan die Oude Rijn is nog geleë: Utrecht Alphen aan de Rijn Leiden Katwijk

Verwysings

Eksterne skakels

Internationale Kommission zum Schutz des Rheins (IKSR) Internationale Kommission für die Hydrologie des Rheingebietes (KHR) SWR Wissen: Geomorphologie – Der Rhein

Kategorie:Baden-Württemberg Kategorie:Elsas Kategorie:Gelderland Kategorie:Hesse Kategorie:Noord-Brabant Kategorie:Noordryn-Wesfale Kategorie:Rynland-Palts Kategorie:Utrecht (provinsie) Kategorie:Vorarlberg Kategorie:Zuid-Holland Kategorie:Geografie van Liechtenstein Kategorie:Riviere in Duitsland Kategorie:Riviere in Frankryk Kategorie:Riviere in Nederland Kategorie:Riviere in Oostenryk Kategorie:Riviere in Switserland