duimnael|links|Nederduits Gereformeerde Kerk op Heidelberg, ontwerp deur die argitek William Henry Ford. duimnael|links|Fourie-huis / Doornboom Opstal. Die oudste huis in Heidelberg. Gebou in 1728 duimnael|300px|Ingang na Heidelberg duimnael|links|Vallei in Heidelberg.
Heidelberg is 'n dorp naby die Suid-Afrikaanse suidkus op die N2 nasionale pad, 276 km vanaf Kaapstad. Die dorp is geleë op die oewer van die Duivenhoksrivier in die Wes-Kaap, ongeveer halfpad tussen Kaapstad en Knysna. Heidelberg is net oos van die Overbergdistrik, en sommige beskou dit as die begin van die Tuinroete.
Geskiedenis Die dorp is gestig toe 'n NG Kerkgemeente hier gestig is in 1855. Dit het in 1862 'n munisipaliteit geword.Amptelike Suid-Afrikaanse Munisipale Jaarboek (1983).
Die spoorlyn van Kaapstad na Port Elizabeth het die dorp in 1903 bereik.
Die dorp se burgersentrum is in 1912 opgerig en in 1966 uitgebrei. 'n Munisipale kliniek is in 1973 gebou, en 'n gemeenskapsentrum is in 1977 voltooi.
Wapens Munisipaliteit (1) — Voor 1961 het die munisipale raad 'n skynheraldiese "wapen" gebruik wat 'n merinoram, 'n ope boek, 'n koringgerf en 'n aalwyn toon.
Munisipaliteit (2) — 'n Behoorlike wapen is in 1961 ontwerp en by die Kaapse Provinsiale Administrasie geregistreer.Kaap die Goeie Hoop Offisiële Koerant 3068 (17 Februarie 1961). Die wapen was: Gaffelsgewys verdeel van rooi, silwer en groen, in die skildhoof 'n ope boek van goud, regs 'n aalwyn met twee blomklosse van natuurlike kleur, en silwer 'n staande goue leeu. Die skild is met 'n muurkroon oortop. Die wapenspreuk is "Geloof en toewyding". Schalk Pienaar het die wapen ontwerp.
Munisipale gebied Heidelberg vorm deel van die Hessequa Plaaslike Munisipaliteit. Die belangrikste produkte wat verbou word is: wol, koring, ander graan, vrugte en tabak.
Bekende boorlinge Ds. Henry Charles Hopkins, predikant, geskiedskrywer en argivaris van die NG Kerk (1918-1992).
Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika
Bron
Eksterne skakels Die dorp se webwerf Kaart wat Heidelberg wys in die Wes-Kaap Nog 'n kaart wat Heidelberg wys in die Wes-Kaap Kaart wat Heidelberg net oos van die Overbergdistrik wys
Kategorie:Nedersettings in die Wes-Kaap