Die Afrikaanse naguil (Caprimulgus pectoralis) is 'n spesie in die Caprimulgidae-familie, wat in Afrika suid van die ewenaar voorkom. Dit kom van die kus van Kenia suidwaarts tot by die suidelike dele van Tanzanië, die Demokratiese Republiek van die Kongo en Angola, tot by Malawi, Mosambiek, Botswana, Namibië, Suid-Afrika, eSwatini, Zambië en Zimbabwe voor. Sy kenmerkende en dikwels herhalende roep word vergelyk met die Engelse uitdrukking 'good-lord-deliver-us'. Sy naby familielid, die Swartskouernaguil kom in die meer tropiese gebiede voor.

Subspesies C. p. pectoralis C. p. fervidus C. p. shelleyi C. p. crepusculans

Verwysings

Sien ook

Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Eksterne skakels Tekening

Kategorie:Nagswaels