Beloftes van môre is 'n Afrikaanse rolprent wat op 25 September 1981 uitgereik is.
Die rolprent is gebaseer op die gelyknamige boek van Empie Maritz en speel teen die agtergrond van ‘n hospitaal af.
Genre Die rolprent is 'n drama.
Hoofrolspelers Yvonne Schoeman Marie Pentz Elize Lizamore Danie Joubert Mieder Olivier Corrie Huyser Elzette Maarschalk Magda Beukes as verpleeginspekteur Ella Rossouw Sally Campher as verpleegster Katrien
Storielyn Verpleeginspekteur Ella Rossouw koester 'n jarelange wrok teen matrone Ria Vermeulen, wie se twee dogters, Heleen (Elzette Maarschalk) en Christa (Elize Lizamore), as verpleegsters in die hospitaal werk. Christa is veral baie gewild onder die kankerpasiënte met wie sy werk.
Ella probeer om Ria te na te kom deur haar dogters te benadeel en Ria weens wangedrag by die hospitaalbestuur te verkla.
Sien ook Lys van Afrikaanse rolprente
Kategorie:Afrikaanse rolprente Kategorie:Dramarolprente Kategorie:Suid-Afrikaanse rolprente