Die witkatlagter (Turdoides bicolor) is 'n endemiese standvoël wat in sentraal en noordoos Namibië, Botswana, suidwes Zimbabwe en noordwes Suid-Afrika voorkom. In Engels staan die voël bekend as South pied babbler.
Voorkoms Die voël is hoofsaaklik wit en swart. Die volwasse voël het swarterige vlerke en 'n ongemerket wit kop en rug. Die jong voël is ligbruin en word mettertyd witter. Die voël word 23–26 cm groot weeg 70-84 gram.
Sien ook
Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Verwysings
Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.
Kategorie:Sangvoëls