Die rooikol-bokvis (Parupeneus heptacanthus) is 'n vis wat in die Indiese-Pasifiese area, die Rooisee en aan die ooskus van Afrika vanaf die Persiese Golf tot by die Oos-Kaap voorkom. In Engels staan die vis bekend as die Redspot goatfish.
Voorkoms Die vis is goudkleurig tot pienk op die rugkant en daar is dowwe horisontale strepe op die lyf. Die skubbe onder die dorsalevin het ligblou kolle op en daar is 'n rooi kol net onder, agter die dorsale vin.
Sien ook
Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.
Eksterne skakel http://fishbase.org/summary/Parupeneus-heptacanthus.html
Verwysings
Kategorie:Beenvisse