duimnael|regs

Uitgestorwe in die natuur is 'n kategorie op die IUBN-rooilys, die Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur en Natuurlike Hulpbronne se lys van bewaringstatus, vir spesies wat net in aanhouding oorleef het of in 'n gebied aangehou word buite hul historiese habitat.IUCN, 2001 IUCN Red List Categories and Criteria: Version 3.1 p.14 URL besoek op 30 Mei 2010.

Nie alle diere en plante wat dus in dié kategorie val, is noodwendig uitgestorwe of selfs skaars nie. Ameca splendens is byvoorbeeld in die natuur uitgestorwe, maar was 'n ruk lank 'n gewilde vis onder akwariste. Die visse is nou minder in aanvraag en hul voortbestaan word tans bedreig.

duimnael|links|Eensame George in Desember 2006 Van die reuse-Galápagos-skilpad (Geochelone nigra abingdoni) was net een oor, 'n mannetjie met die naam 'Eensame George', tot met sy dood in Junie 2012. Daar is geglo die skilpad het heeltemal uitgesterf totdat 'n Hongaarse weekdierkundige Eensame George op 1 Desember 1971 op die Galápagos-eiland Pinta gesien het. Hy was sedertdien 'n simbool van bewaringspogings in die algemeen en die Galápagos-eilande in die besonder. Toe hy op 24 Junie 2012 dood is, is weer geglo die spesie het uitgesterf. Kort daarna is 17 hibridiese Galápagos-skilpaaie gevind en daar word nou probeer om die subspesie terug te teel in 'n suiwer vorm. As dit slaag, sal dit die eerste keer wees dat 'n spesie weer voortbestaan nadat dit as "Uitgestorwe" geklassifiseer is.

Verwysings

Eksterne skakels List of Extinct in the Wild species as identified by the IUCN Red List of Threatened Species

Kategorie:IUBN Rooilys spesies uitgestorwe in die wildernis Kategorie:Milieubeskerming