Die groenrugkwêkwêvoël (Camaroptera brachyura) is 'n klein voëltjie in die Cisticolidae-familie. Die voël kom in Afrika suid van die Sahara voor. Onlangse studies dui daarop hierdie spesie en die grysrugkwêkwêvoël moontlik dieselfde spesie is.
Hierdie skugter voëltjie word tipies laag in digte dekking gevind. Die groenrugkwêkwêvoël bind groot blare onder in 'n bos saam en bou 'n grasnessie in die blare. Dit broei normaalweg op twee tot drie eiers.
Hierdie voël het 'n grys rugkant en 'n kort grys, skewe stert. Die vlerke is olyfkleurig en die onderkant witterige grys. Die geslagte lyk eenders, maar jong voëltjies is liggeel op die bors.
Soos die meeste sangers is die groenrugkwêkwêvoël insekvretend. Die voël se roep is 'n huil sheee....sheee en dit fluit 'n skerp twik twik twik twik twik.
Die mooimeisie, 'n broeiparasiet, gebruik hierdie voël as broeigasheer vir haar kleintjies.
Subspesies Camaroptera brachyura brachyura Camaroptera brachyura pileata Camaroptera brachyura fugglecouchmani Camaroptera brachyura bororensis Camaroptera brachyura constans
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Verwysings
Bronnelys Birds of The Gambia by Barlow, Wacher and Disley,
Kategorie:Tinktinkies en verwante spesies Kategorie:Voëls van die Krugerwildtuin