Die kimberleykoester (Anthus pseudosimilis) is 'n klein voëltjie wat endemies is aan die savanne-grasvelde in Suid-Afrika en Namibië. Hierdie voëltjie is eers onlangs beskryf (2002).Liversidge & Voelker, Bull. B.O.C. 122(2): 93-109 In Engels staan die voël bekend as die Kimberley pipit.

Identifikasie Die voël is 18 cm lank en weeg ongeveer 32 gram. Sy vere is hoofsaaklik bruin. Dit lyk baie soos die Nicholsonse koester; die kaakstreep en gesigsmerke is oor die algemeen donkerder en duideliker. Die wenkbroue is ook breër en meer opvallend.

Die kimberleykoester soek insekte op die grond. Dit is monogaam, en die wyfie lê 2 tot 3 blou eiers.

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Verwysings

Bronne SA voëls Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.

Eksterne skakels Avibirds

Kategorie:Koesters