Die langstertkoekoek (Cercococcyx montanus) is 'n koekoek spesie in die Cuculidae familie. Dit is heelwat kleiner as die Afrikaanse of Europese koekoek maar het 'n besondere lang dun stert.
Dit kom voor in Burundi, Demokratiese Republiek die Kongo, Kenia, Malawi, Mosambiek, Rwanda, Tanzanië, Uganda, Zambië en Zimbabwe.
Die voël is 'n broeiparasiet maar die gashere is onbekend.
Subspesies Cercococcyx montanus montanus Cercococcyx montanus patulus
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Verwysings
Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.
Kategorie:Koekoeke