Mianyang (Chinees: 绵阳) is 'n stad in die Chinese provinsie Sichuan met 'n bevolking van 4 613 862 in 2010. Die stad is in die suidweste van China, suid van die Yangtze geleë. Mianyang grens in die noordooste aan Guangyuan, in die ooste aan Nanchong, in die suide aan Suining en in die suidweste aan Deyang. Op 12 Mei 2008 is die stad deur 'n sterk aardbewing geskud, maar is nie ernstig beskadig nie.

Kategorie:Nedersettings in die Volksrepubliek China