Xining (Chinees: 西宁) is 'n stad in die Chinese provinsie Qinghai met 'n bevolking van 2 208 708 in 2010. Die stad is in die noorde van China en suid van die grens tot Mongolië geleë.

Xining was vir meer as 2 000 jaar 'n belangrike ekonomiese stad aan die noordelike syroete en was tydens die Han-, Sui-, Tang- en Song-dinasties 'n vesting teen die nomadiese invalle vanuit die weste.

Kategorie:Nedersettings in die Volksrepubliek China