Lithognathus is 'n genus van seevisse in die familie Sparidae. Hulle kom hoofsaaklik langs die kusgebiede van Suider-Afrika (Suid-Afrika, Namibië en Angola) voor, maar L. mormyrus word ook in die Middellandse See, Swartsee, Golf van Biskaje en langs verskeie eilande in die noord-oos Atlantiese oseaan aangetref. Afhangende van die spesies, bereik hulle 'n maksimum lengte van tussen 25 en 200 cm.
Spesies Weskus-steenbras (Lithognathus aureti) Witsteenbras (Lithognathus lithognathus) Sandsteenbras (Lithognathus mormyrus) Steenbras (Lithognathus olivieri)
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Verwysings
Kategorie:Baarsagtiges