Pierre van Ryneveldpark is 'n voorstad in die suidooste van Pretoria, Suid-Afrika.
Pierre van Ryneveldpark is geleë tussen die spogwoonbuurte Elarduspark, Rietvalleirand, Wingate Park, Waterkloofrif en grens aan die Lugmagbasis Waterkloof. Onder die vorige munisipale bedeling, het dit in Centurion geval.
Die voorstad is vernoem na Sir Pierre van Ryneveld, 'n Suid-Afrikaanse soldaat en vlieënier van 1915 tot 1949.
Verwysings
Kategorie:Centurion Kategorie:Voorstede van Pretoria