Wingate Park is 'n voorstad in die suidooste van Pretoria, Suid-Afrika. Wingate Park is geleë tussen die woonbuurte Erasmuskloof, Elarduspark, Moreletapark en Pierre van Ryneveldpark.
Wingate Park was vir 'n lang ruk (1970 - 1990) die verste uitbreiding van Suidoos-Pretoria, maar is nou ten volle "toegevou" soos nuwe woongebiede steeds verder vanaf die stadskern van Pretoria uitbrei.
Verwysings
kategorie:Voorstede van Pretoria