Leo II (Latyn: Leo Iunior Augustus, Grieks: Λέων Β′; 467 – 17 November 474) was in 474 n.C. vir minder as ’n jaar die Bisantynse keiser. Hy was die seun van Zeno en Ariadne, dogter van die vorige keiser, Leo I, en sy vrou, Verina. As die keiser se naaste familielid is hy as keiser aangewys ná Leo se dood.
Nadat hy sy pa as medekeiser aangestel het, is hy in November 474 onder raaiselagtige omstandighede dood. Daar is gegis dat Ariadne hom vergiftig het sodat haar man keiser kon word. Hy is wel deur sy pa opgevolg, hoewel sy ouma Verina sy dood uitgebuit het om teen Zeno saam te sweer.
Eksterne skakels Leo II (AD 474) 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Bisantynse keisers Kategorie:Geboortes in 467 Kategorie:Mense in die 5de eeu Kategorie:Sterftes in 474