duimnael|Die rooi lyn dui die steenbokskeerkring aan. duimnael|Die plek waar die Steenbokskeerkring deur die Krugerwildtuin loop, op die hoofpad tussen Mopani en Shingwedzi duimnael|Die Steenbokskeerkring in Namibië

Die Steenbokskeerkring (Engels: Tropic of Capricorn) is 'n besondere breedtegraad wat op ongeveer 23½° S om die aarde strek (huidige ligging is: 23° 26′ 16″ S). Die naam is afgelei van die sterrebeeld Steenbok, 'n teken in die diereriem. Die Steenbokskeerkring word ook soms die suidelike keerkring genoem.

Die Steenbokskeerkring merk die suidelikste breedtegraad waarop die son eenmaal per jaar loodreg oor staan. Dit gebeur tydens die sonstilstand, ongeveer 22 Desember, en dui die middel van die somer in die Suidelike Halfrond aan.

Die Steenbokskeerkring loop deur die volgende lande (van wes na oos gelys): 20px  Chili 20px  Argentinië 20px  Paraguay 20px  Brasilië 20px  Namibië 20px  Botswana 20px  Suid-Afrika 20px  Mosambiek 20px  Madagaskar 20px  Australië

Sien ook Kreefskeerkring

Eksterne skakels

Kategorie:Breedtegrade