Die langkuifloerie (Tauraco schalowi) is 'n standvoël wat langs die Zambezirivier wes van die Victoria-waterval in Zimbabwe, tot in Oos-Caprivi voorkom.

Voorkoms Die loerie is groen en lyk baie soos die Mosambiekloerie maar het 'n langer kuif en 'n donkerblou of pers stert. Die rugkant is effens ligter.

Sien ook

Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Verwysings

Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.

Kategorie:Loeries