Die Mosambiekloerie (Tauraco livingstonii) is 'n standvoël wat voorkom aan die ooskus van die noorde van KwaZulu-Natal tot by Mosambiek en ook tot in die bergwoude in Oos-Zimbabwe. In Engels staan die voël bekend as die Livingstone's Turaco.
Voorkoms Die loerie is groen en lyk baie soos die Knysnaloerie maar het 'n meer gepunte kuif met 'n swart-en-wit punt. Die rug is ook effens donkerder. Die stert is donkergroen – nie blouerig nie.
Fotogalery
Sien ook
Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.
Verwysings
Kategorie:Loeries