duimnael|Logo van die Internasionale Geregshof duimnael|Die Vredespaleis in Den Haag, Nederland, is die Internasionale Geregshof.
Die Internasionale Geregshof (IGH, kortweg Wêreldhof, Engels: International Court of Justice, ICJ; Frans: Cour internationale de Justice, CIJ) is die primêre geregtelike been van die Verenigde Nasies (VN). Dis gesetel in die Vredespaleis in Den Haag, Nederland, en verhoor en beslis regskwessies wat deur lidlande van die VN aanhangig gemaak word, en voorsien ook menings oor regsvrae wat deur behoorlik gemagtigde internasionale takke en deur die VN se Algemene Vergadering voorgelê word.
Aktiwiteite Die Wêreldhof is in 1945 ingevolge die VN-handves gestig en het vanaf 1946 die werksaamhede by sy voorganger, die Permanente Hof vir Internasionale Geregtigheid, oorgeneem. Die Statuut van die Internasionale Geregsghof, soortgelyk aan dié van sy voorganger, is die hoof- konstitusionele dokument wat die Wêreldhof reguleer.Statute of the International Court of Justice .
Die Hof se werklas dek 'n wye veld van geregtelike verantwoordelikhede. Sedert die hof uitspraak teen die Verenigde State van Amerika gelewer het oor sy koverte oorlog teen Nicaragua – die hof het bevind dat dit 'n oortreding van die internasionale reg is (Nicaragua v. United States) – het Amerika hom in 1986 onttrek aan verpligte jurisdiksie en aanvaar sedertdien die hof se jurisdiksie op 'n hofsaak-tot-hofsaak-grondslag.Churchill, Ward. Hoofstuk XIV van die VN-handves verleen aan die VN se Veiligheidsraad die mag om die Hof se uitsprake af te dwing. Hierdie mag is egter onderworpe aan die vetoreg van die vyf permanente lede van die Raad, wat in die geval van die Nicaragua-saak uitgeoefen is.
Samestelling Die IGH bestaan uit 15 regters wat deur die VN se Algemene Vergadering en die Veiligheidsraad vir 9 jaar aangestel word uit 'n lys genomineerdes wat deur die nasionale groep in die Permanente Arbitrasiehof opgestel word. Die kiesproses is in Artikels 4-19 van die IGH se statuut vasgestel. Die verkiesing word oor 'n tyd gedoen met vyf regters wat elke drie jaar gekies word om kontinuïteit van die howe se werksaamhede te verseker. Wanneer 'n dienende regter sterf word daar gewoonlik 'n opvolger met spesiale stemming gekies om die termyn te voltooi.
Daar mag nie twee regters van dieselfde nasionaliteit gelyktydig dien nie. Ingevolge Artikel 9, is die lidmaatskap van die IGH veronderstel om die hoofvorm van die beskawing, en die vernaamste regstelsels in die wêreld te verteenwoordig. In wese, beteken dit die gemenereg, sivielereg en sosialistiese reg (nou post-kommunistiese reg).
Kamers Oor die algemeen sit die IGH met 'n volbank van regters, maar in die afgelope 15 jaar, is verhore per geleentheid in kamers aangehoor. Artikels 26-29 van die statuut laat dit toe vir, gewoonlik drie tot vyf regters, om in kamers te mag sit om 'n saak aan te hoor.
Huidige samestelling Sedert 9 Februarie 2015, is die samestelling van die IGH as volg: Naam Nasionaliteit Posisie Termyn begin Termyn eindig Ronny Abraham Presidenta 2005 2018 Abdulqawi Ahmed Yusuf Vice-Presidenta 2009 2018 Hisashi Owada <Lid 2003 2021 Peter Tomka Lid 2003 2021 Mohamed Bennouna Lid 2006 2024 Antônio Augusto Cançado Trindade Lid 2009 2018 Sir Christopher Greenwood Lid 2009 2018 Xue Hanqin Lid 2010 2021 Joan E. Donoghue Lid 2010 2024 Giorgio Gaja Lid 2012 2021 Julia Sebutinde Lid 2012 2021 Dalveer Bhandari Lid 2012 2018 James Crawford Lid 2015 2024 Kirill Gevorgian Lid 2015 2024 Patrick Lipton Robinson Lid 2015 2024 a 2015–2018.
Presidente + Presidente van die Internasionale Geregshof Naam Aangestel Einde van die termyn Tuisland1 José Gustavo Guerrero (1876–1958)194619492 Jules Basdevant (1877–1968)194919523 Arnold McNair (1885–1975)195219554 Green H. Hackworth (1883–1973)195519585 Helge Klæstad (1885–1965)195819616 Bohdan Winiarski (1884–1969)196119647 Percy Spender (1897–1985)196419678 José Luis Bustamante y Rivero (1894–1989)196719709 Muhammad Zafrullah Khan (1893–1985)1970197310 Manfred Lachs (1914–1993)1973197611 Eduardo Jiménez de Aréchaga (1918–1994)1976197912 Humphrey Waldock (1904–1981)1979198113 Taslim Olawale Elias (1914–1991)1981198514 Nagendra Singh (1914–1988)1985198815 José María Ruda (1924–1994)1988199116 Robert Yewdall Jennings (1913–2004)1991199417 Mohammed Bedjaoui (* 1929)1994199718 Stephen M. Schwebel (* 1929)1997200019 Gilbert Guillaume (* 1930)2000200320 Shi Jiuyong (* 1926)2003200621 Rosalyn Higgins (* 1937)2006200922 Hisashi Owada (* 1932)2009201223 Peter Tomka (* 1956)sedert 2012
Jurisdiksie regs|duimnael|334x334px Soos vervat in Artikel 93 van die Handves van die Verenigde Nasies, is al 193 lidlande van die VN outomaties deel van die IGH se statuut.The jurisdiction is discussed in the entire Chapter XIV of the UN Charter (Articles 92–96). Nie-lidlande kan ook deel word van die IGH se statuut ingevolge die Artikel 93(2) prosedure. Byvoorbeeld, nog voor Switserland 'n lid van die VN geword het, het die land hierdie prosedure in 1948 gevolg om 'n deel van die Hof te word, en Nauru het in 1988 'n lid geword. Sodra 'n staat deel van die IGH se statuut is, is die land geregtig om deel te neem aan hofsake voor die Geregshof. Om deel te wees van die statuut bied die IGH nie noodwendig outomatiese jursidiksie oor die partye wat betrokke by die verhoor is nie. Die kwessie oor jurisdiksie word in die twee tipes van IGH hofsake, omstrede kwessies en raadgewende kwessies, in oorweging geneem.
Omstrede kwessies duimnael|Die eerste byeenkoms na die Tweede Wêreldoorlog- Nederlandse nuus-uitending van 1946. By omstrede kwessies (waar opponerende partye 'n oplosssing soek vir 'n dispuut), bied die IGH 'n bindende uitspraak in 'n dispuut tussen state waar sodanige state instem om die Geregshof se uitspraak te eerbiedig. Net state mag partye in omstrede sake wees. Indiwidue, korporasies, dele van 'n federasie, nie-regeringsorganisasies en selfbeskikkings-groepe is uigesluit by regstreekse deelname in sake, hoewel die IGH inligting van openbare internasionale organisasies aanvaar. 'n Staat mag, in sake van "diplomatieke beskerming", 'n hofaansoek rig namens een van sy burgers of korporasies.See the Nottebohm Case (Liechtenstein v Guatemala), ICJ Reports 4.
Jurisdiksie is dikwels 'n kritieke vraag vir die IGH in omstrede sake. Die sleutelbeginsel is dat die IGH net jurisdiksie op grond van toestemmng kan verkry.
Raadgewende menings class=cx-highlight|duimnael|Die Internasionale Geregshof in sitting oor Kosovo se onafhanklikheidsverklaring. 'n Raadgewende mening is 'n funksie van die IGH wat net aan spesifieke liggame en agentskappe van die VN beskikbaar is. Sodra die IGH 'n versoek in die verband ontvang word daar besluit watter state en organisasies kan handige inligting voorsien en bied hulle dan die geleentheid om skriftelike of mondelinge voorleggings te bied. Die raadgewende menings bied die geleentheid vir VN-agentskappe om by die IGH om hulp aan te klop om komplekse regskwessies op te los.
In beginsel is die IGH se raadgewende menings net raadplegend in karakter, maar tog invloedryk en word wyd gerespekteer.
'n Raadgewende mening se status en gesag kom van die feit dat dit die amptelike uitspraak van die hoogste regsliggaam van die VN is.The UN General Assembly Requests a World Court Advisory Opinion On Israel's Separation Barrier , Pieter H.F. Bekker, ASIL (American Society of International Law) Insights, December 2003.
Raadgewende menings was al baie kere omstrede omdat omstrede vrae daar gevra is, of die saak is indirek gebruik om inderwaarheid 'n omstrede kwessie voor die IGH te bring. Een so 'n voorbeeld is die raadgewende mening wat aangevra was oor die wettigheid van die bedreiging van, en die gebruik van kernwapens.
IGH en die Veiligheidsraad Artikel 94 bepaal die plig van alle VN-lidlande om die uitsprake en besluite van die IGH, wat hulle raak, te eerbiedig. Indien partye nie gehoor wil gee hieraan nie kan dit voor die Veiligheidsraad gebring word om dit af te dwing. Daar is egter uit die aard van die saak probleme om dit op so 'n manier af te dwing. As die uitspraak teen een van die vyf permanente lede van die Veiligheidsraad, of sy bondgenote is, kan die afdwingbaarheid van so 'n resolusie ge-veto word. Dit het byvoorbeeld gebeur toe Nicaragua Amerika se weiering om gehoor te gee aan die Nicaragua-saak, voor die Veiligheidraad gebring het.Case Concerning Military and Paramilitary Activities In and Against Nicaragua (Nicaragua v USA), ICJ Reports 14, 158–60 (Merits) per Judge Lachs. As die Veiligheidsraad weier om 'n uitspraak teen enige staat af te dwing, is daar geen ander manier om die skuldige staat te dwing om gehoor te gee nie. Die effektiefste manier wat die Veiligheidsraad kan optree, dwangaksie ingevolge Hoofstuk VIII van die VN-handves, is net wanneer wêreldvrede en -sekuriteit op die spel is. Die Veiligheidsraad het dit tot dusver nog nie gedoen nie.
Voorbeelde van omstrede kwessies 1971: Die Republiek van Suid-Afrika skend die beslissing oor die beëindiging van die besetting van Namibië. 1973: Frankryk skend die beslissing oor die kerntoetse op die Mururoa-atol in die Stille Oseaan. 1975: Marokko ignoreer die beslissing oor 'n referendum oor die toekomstige status van die Wes-Sahara. 1980: 'n Klag van die Verenigde State in 1980 dat Iran die internasionale reg oortree deur Amerikaanse diplomate in Teheran aan te hou. 1982: 'n Dispuut tussen Tunisië en Libië oor die afbakening van die vastelandsplat tussen die twee lande. 1988: 'n Klag van Iran nadat Iran Air-vlug 655 deur die Amerikaanse Vloot met 'n geleide missiel afgeskiet is."Aerial Incident of 3 July 1988 (Islamic Republic of Iran v. 'n Dispuut oor die rigting van die maritieme grens wat die VSA en Kanada in die Golf van Maine-gebied van mekaar skei. 1995: 'n Klag van die Republiek van Masedonië dat Griekeland met sy vetostem teen die land se toelating tot NAVO, die Tussentydse Akkoord van 13 September 1995 tussen die twee lande, oortree. Die IGH het op 5 Desember 2011 uitspraak ten gunste van Masedonië gelewer. 2004: 'n Klag van die Serwië en Montenegro teen die lidlande van die Navo oor sy optrede in die Kosovo-oorlog. Dit is op 15 Desember 2004 van die hand gewys oor die gebrek aan jurisdiksie omdat Serwië en Montenegro nog nie deel van die IGH-statuut was tydens die aansoek nie. 2005: 'n Klag van die Demokratiese Republiek van die Kongo dat die DRK se soewereiniteit deur Uganda geskend is en dat die DRK miljoene dollars aan grondstowwe verloor het. Die IGH het in die guns van die DRK beslis."Court orders Uganda to pay Congo damages". Pakistan veg vir die bevolking van Kasjmir. Dispuut tussen Kanada en die Verenigde State oor die seegrens in die Golf van Maine.
Wetstoepassing Die internasionale reg, soos saamgevat in Artikel 38 van die IGH se statuut, word toegepas ingevolge die internasionale konvensies, internasionale gebruike en die "algemene regsbeginsels, wat in beskaafde lande erken word." Artikel 59 stel dit baie duidelik dat die gebruik van die gemenereg van presedent of stare decisis nie in die IGH van toepassing is nie. Die Hof se bevinding het net betrekking op die partye in daardie spesifieke omstredenheid. Die IGH mag egter ingevolge 38(1)(d) sy eie vorige uitspraak oorweeg.
Indien die partye ooreenkom, kan hulle ook die Hof vergun om ex aequo et bono (in geregtigheid en regverdigheid),Statute of the International Court of Justice, Article 38(2) 'n billike besluit te maak wat gegrond is op dit wat, onder die omstandighede, regverdig sal wees. Dit is tot dusver nog nooit toegepas nie. Die Internasionale Geregshof het sowat 130 sake hanteer
Prosedure Die IGH het die mag om sy eie reëls te maak. Die hofprosedure word in die Hofreëls van die Internasionale Geregshof 1978 uiteen gesit.Schwebel S "Ad Hoc Chambers of the International Court of Justice" (1987) 81 American Journal of International Law 831.