Die Roodeplaatdam is geleë in die Pienaarsrivier, ongeveer 20 km noordoos van Pretoria. Die dam is in 1959 voltooi. Die wal is 143 m lank en 28.3 m hoog. Die dam het 'n bakmaat van 40 miljoen m3 en 'n oppervlakte van 403 ha.

Die dam was oorspronklik 'n bespoeiingsdam, maar het deesdae 'n gewilde ontspanningsplek vir Pretorianers geword. Watersport wat by die dam beoefen word is hengel, motorbootry, waterski en kanovaart.

Watergehalte Roodeplaatdam se opvangsgebied lê in 'n groot gedeelte van die vinnig ontwikkelende stad Tshwane, insluitend Pretoria. Twee rioolbehandelingswerke laat gesuiwerde afvloei deur na die dam, wat tot hoë vlakke van eutrofikasie lei. Dit is soortgelyk aan wat in die Hartbeespoortdam sedert die 1970's ondervind word, en wat nog steeds nie verbeter het nie.Van Ginkel CE, Silberbauer MJ. Temporal trends in total phosphorus, temperature, oxygen, chlorophyll a and phytoplankton populations in Hartbeespoort Dam and Roodeplaat Dam, South Africa, between 1980 and 2000. African Journal of Aquatic Science 32. 2007;1:63-70. Gevolge van eutrofikasie behels geweldige alg- en sianobakterie-oorgroei, en digte plate waterhiasint (Pontederia crassipes) vorm ook vinnig.duimnael|links|Waterhiasint duimnael|links|Waterhiasint vanaf die watertoring gesien

Die Departement van Waterwese se Direktoraat Bronkwaliteitsdienste is op die kant naby die wal van die Roodeplaatdam geleë. Hierdie afdeling is vir die nasionale monitering van alle oppervlakwaterbronne in Suid-Afrika verantwoordelik.

Sien ook Lys van grootste damme in Suid-Afrika

Verwysings

Kategorie:Damme van Suid-Afrika Kategorie:Gauteng Kategorie:Krokodilrivier (Limpopo)