Nanchang (Chinees: 南昌) is die hoofstad van die Chinese provinsie Jiangxi met 'n bevolking van 5 042 565 in 2010. Die stad is geleë in die suidooste van China, halfpad tussen die Yangtze in die noorde en die Parelrivier in die suide. Nanchang is veral bekend vir sy landskap, ryk geskiedenis en kulturele terreine. Danksy sy ligging is dit 'n belangrike spoorwegknooppunt in Suid-China.
Kategorie:Nedersettings in die Volksrepubliek China