Die Balk-vingervin (Cheilodactylus pixi) is 'n vis wat endemies is aan Suid-Afrika en kom voor tussen Knysna en Koffiebaai. Dit was al eenkeer gefotografeer by die Aliwal-bank. In Engels staan die vis bekend as die Barred fingerfin.

Voorkoms Die vis is ligkleurig met 5 skuins strepe oor die lyf en daar is geen donker merke op die pektorale- of stertvinne nie. Die vis word tot 18 cm groot.

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.

Eksterne skakel http://fishbase.org/summary/Cheilodactylus-pixi.html

Kategorie:Beenvisse