duimnael|regs|300px|Afdraai op die N1 na die Willem Pretorius Wildreservaat.

Die Willem Pretorius Wildreservaat is geleë in die Vrystaat en is 12 005 hektaar groot. Die reservaat is 30 km noord van Winburg, 8 km oos van die N1 nasionale pad en 19 km suid van Ventersburg. Die reservaat omring die hele Allemanskraaldam en die Sandrivier vloei in 'n oos- na wesrigting deur die reservaat.

Klimaat Die reservaat kry jaarliks gemiddeld 560 mm reën, waarvan die meeste tussen Desember en Februarie val gedurende donderstorms. Ryp kom 40 nagte per jaar voor, die gemiddelde temperatuur in die winter is 15° C en in die somer styg die kwik gereeld bokant 30° C.

Dierelewe

Agt visspesies kom in die Allemanskraaldam voor.

Bron

Kategorie:Bewaringsgebiede in Suid-Afrika Kategorie:Natuurreservate in Vrystaat