duimnael|300px|Klipspringers in die reservaat afgeneem.
Mabula is 'n privaat wildreservaat in Limpopoprovinsie van Suid-Afrika. Die reservaat beslaan 'n gebied van 12 000 ha en is 47 km wes van die dorp Bela Bela. Dit is 'n maklik-bereikbare reservaat in 'n malariavrye gebied van die Transvaalse Bosveld, ongeveer 1½ uur se ry vanaf Johannesburg.
Die toegangshek is by .
Soogdiere
Krimpvarkie, nagapie, blouaap, bobbejaan, ietermagog, kolhaas, boomeekhoring, springhaas, grootrietrot, ystervark, draaijakkals, rooijakkals, stinkmuishond, grootkolmuskeljaatkat, ratel, groototter, Afrikasivet, aardwolf, gevlekte hiëna, strandwolf, jagluiperd, rooikat, tierboskat, vaalboskat, klein gekolde kat, erdvark, klipdassie, sebra, buffel, olifant, leeu, luiperd, bosvark, vlakvark, seekoei, kameelperd, klipspringer, gewone duiker, steenbok, blesbok,vaalribbok, rooiribbok, rooibok, springbok, blouwildebees, swartwildebees, basterhartbees, rooihartbees, gemsbok, waterbok, bosbok, njala, koedoe en eland.
Huisvesting Die oord verskaf hotel- en verskeie soorte tyddeelbehuising in grasbedekte chalets wat in kampe oral oor die wildsplaas versprei is.
Die hoofeenheid en hotel heet Mabula Game Lodge en het 53 grasdak-chalets elk met 'n eie badkamer. Verder is daar die immergewilde wildritte in oop 4-trek voertuie, konferensie-geriewe, 'n groot restaurant, kroeg, swembad en speelvertrekke. Modjadjikamp, dieper in die bosse, met sy eie swembad en tennisbane. Kwafubesi-safaritentkamp.
Kategorie:Natuurreservate in Limpopo