Hierdie artikel handel oor die rivier in Noordwes. Vir ander riviere met dieselfde naam, sien Mooirivier (dubbelsinnig)

Die Mooirivier is 'n takrivier van die Vaalrivier in Noordwes, Suid-Afrika.

Oorsprong Die Mooirivier ontspring naby Koster en vloei suidwaarts. Gedurende sy afvloei vul dit die Klerkskraaldam, Boskopdam en die Potchefstroomdam. Buite Potchefstroom swenk die rivier suidweswaarts voordat dit in die Vaalrivier uitmond op die grens met die Vrystaat, ongeveer 15 km oos van Stilfontein.Mooirivier se monding

Sy hoofsytakke is die Wonderfonteinspruit en die Loopspruit, asook die Brakspruit.

Die water in die Mooirivier en sy store is erg besoedel met swaarmetale as gevolg van goud- en uraan-mynontginning in die rivierbekken.Radioaktiwiteit moniteringsprogram - Mooirivier opvanggebied

Verwysings

Kategorie:Noordwes Kategorie:Riviere in Noordwes