Die Letabarivier is 'n belangrike takrivier van die Olifantsrivier in Limpopo, Suid-Afrika.
Oorsprong Die voorlope van die Groot-Letabarivier ontspring reeds in Gautengprovinsie, terwyl sommige sytakke van die Klein-Letabarivier hul oorsprong in die Soutpansberge het.
Roete Die naam Letabarivier word gebruik ná die samevloei van die Klein- en Groot-Letabariviere op die wesgrens van die Krugerwildtuin. Die samevloeiing met die Olifantsrivier is in 'n skilderagtige ruigtekloof oos van Olifantskamp in die Krugerwildtuin. Hierdie area word as 'n wildernisstaproete gebruik deur besoekers aan die park.
Hierna sny die Olifantsrivier deur die Lebomboberge by Olifantskloof en steek die landsgrens oor na Gaza-provinsie, Mosambiek waar dit in die Massingirdam invloei.
Ander sytakke Middel-Letabarivier, Baderukwe, Letsitelerivier, Matrabowa, Nhlarhweni, Nwanedzi, Molototsi, Nsamarivier en Wanetsispruit.
Die sytakke in die Krugerwildtuin is die Tsendze, Mbyashishi, Klein-Letaba, Kumba, Makhadzi, Ngwenyeni, Hlanganine en Shipikani.
Damme in die Letababekken duimnael|regs|500px|Wild versamel op die oewer digby Letabakamp in die Krugerwildtuin Ebenezerdam in die Groot-Letabarivier Tzaneendam in die Groot-Letabarivier Magoebaskloofdam, in die Politsirivier Modjadjidam, in die Molototsirivier Hudson Ntsanwisidam, in die Nsamarivier Middel-Letabadam, in die Middel-Letabarivier Engelharddam in die Letaba in die Krugerwildtuin.
Sien ook Luvubu and Letaba Water Management Area (in Engels)
Verwysings
Kategorie:Riviere in Limpopo Kategorie:Limpoporiviersytakke Kategorie:Olifantsrivier (Limpopo) Kategorie:Krugerwildtuin