Douglas Fuchs was 'n Suid-Afrikaanse akteur, een van die eerste voltydse Afrikaanse omroepers, direkteur-generaal van die SAUK, 'n lid van die Appèlraad op Publikasies en 'n Afrikaanse kultuurleier.
Fuchs het in 1935 'n graad in die lettere aan die Universiteit van Kaapstad voltooi waarna hy by die SAUK as een van die eerste Afrikaanse omroepers aangesluit het. Hy was ook betrokke by die begin van die televisiediens in Suid-Afrika, hoewel hy afgetree het toe daar met uitsendings begin is. By sy aftrede in 1975 was hy die direkteur-generaal van die SAUK gewees.
Hy het die Dekorasie vir Voortreflike Diens (Silwer) van die staatspresident ontvang.
In 1958 het die FAK sy voorstel vir 'n Afrikaanse taalfeestema: "Die Wonder van Afrikaans" aanvaar. Hy was 'n aanbieder van opvoerings by die Voortrekkermonument tydens die feesvieringe in 1959 gewees.
Hy sterf in 1998 tydens 'n bootreis op die Symphony op die Indiese Oseaan.Oud-baas van SAUK sterf op passasierskip, Beeld, 22 Augustus 1998
Filmografie Niemand weint für immer, 1984 as Robert Collins Broer Matie, 1984 as Kol. Vos Jy's Lieflik Vanaand, 1962 as Swanepoel Man in die Donker, 1962 as Dr. Jacobs Die Tweede Slaapkamer, 1962 Doodkry is Min, 1961 Hou die Blink Kant Bo, 1960 as Mnr. Rossouw Rip van Wyk, 1959 as Professor Fratse in die Vloot, 1958 as Mnr. de Beer
Verwysings
Kategorie:Suid-Afrikaanse akteurs Kategorie:Sterftes in 1998