Lulekani is 'n nedersetting buite Phalaborwa in die ooste van die Limpopoprovinsie, Suid-Afrika. Dit val onder die beheer van die Ba-Phalaborwa Plaaslike Munisipaliteit wat onder die Mopani-distriksmunisipaliteit ressorteer. Nabygeleë dorpe sluit in Phalaborwa (13 km), Namakgale (10 km), Makhushane en Ga-Mashishimale op die R71 provinsiale pad na Gravelotte. In 2011 het Lulekani en sy bure Humulani saam 'n bevolking van 40 225 getel.Som van Subplek Lulekani en Subplek Humulani tydens die 2011-sensus.
Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika
Verwysings
Kategorie:Nedersettings in Limpopo