Die Tsomorivier is 'n rivier in die Oos-Kaap in Suid-Afrika.
Dorpe op die oewer van die Tsomorivier sluit in: Tsomo, Kala en Ncora.
Die Ncorhadam is in die Tsomorivier geleë. Die dam is in 1973 voltooi met 'n bakmaat van 181 miljoen m³. Water uit die dam word gebruik om die Ncoravlakte te besproei, 'n oppervlak van sowat 5 600 ha.
Die water van die rivier vloei uiteindelik in die Groot-Keirivier in.
Oorstromings kom gereeld voor en verskeie mense het al in die rivier verdrink. Enkele voorvalle: Sewentien al dood in oorstromings in O-Kaap, Die Burger, 22 Augustus 2002 Lyke aangery met trekkers ná 22 in busramp sterf, Die Burger, 16 Februarie 1994
Kategorie:Riviere in Oos-Kaap Kategorie:Groot-Keiriviersytakke