Doodkry is Min is 'n Afrikaanse rolprent wat op 22 Mei 1961 uitgereik is. Jamie Uys was die vervaardiger, regisseur en skrywer. Jan Bruyns, Douglas Fuchs en Sann de Lange het die hoofrolle vertolk.

Die rolprent se première was op 29 April 1961 in die amfiteater van die Voortrekkermonument in Pretoria voor 'n gehoor van 40 000 mense. Dit is as die grootste rolprent-gehoor nog in Suid-Afrika beskryf. Die destydse staatspresident C.R. Swart het die geleentheid bygewoon en die operasangeres Mimi Coertse het "O Boereplaas" gesing.

In die eerste jaar is die rolprent by inrybioskope oor die land vertoon en het 'n miljoen mense dit na beraming gesien. Daarna is dit nog ongeveer 600 keer vertoon, ook in ander lande in Afrika en Europa, wat die kykerstal tot in 1978 op minstens twee miljoen te staan gebring het.Vandag in die ou dae, Beeld, 26 April 1992

Genre Die rolprent is 'n politieke drama.

Hoofrolspelers Jan Bruyns Douglas Fuchs Sann de Lange Anna Neethling-Pohl Emsie Botha Tommie Meyer Pieter Hauptfleisch Johan Malherbe

Storielyn Die rolprent gee 'n historiese uitbeelding van die ontstaan, die ontwikkeling en stryd om voortbestaan van die Afrikaanse taal sedert die volksplanting in 1652.

Sien ook Lys van Afrikaanse rolprente

Verwysings

Kategorie:Afrikaanse rolprente Kategorie:Dramarolprente Kategorie:Suid-Afrikaanse rolprente