Parauchenoglanis is 'n genus van visse wat aan die familie Claroteidae behoort. Die babers het groot koppe, 'n tapse snoet en vlesige lippe met drie pare baarde om die mond. Daar is ook 'n vetvin agter op die rug. Daar is twintig spesies in die genus en een kom in Suider-Afrika voor.

Spesie Spesie wat hoort tot die genus: Parauchenoglanis ngamensis - Zambezi-knorbaber

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001.

Kategorie:Beenvisse