Amarginops is 'n genus van visse wat aan die familie Claroteidae behoort. Die visse het groot oë, 'n wye snoet, kort baarde en vinne. Daar is sewentien spesies in die genus waarvan die meeste in Sentraal-Afrika in die Kongorivier-stelsel voorkom en een spesie kom in Suider-Afrika voor.

Spesie Daar is tans vier erkende spesies in die genus: Amarginops hildae (Bell-Cross, 1973) – Buzi-baber Amarginops mabusi (Boulenger, 1905) Amarginops ornatus (Boulenger, 1902) Amarginops platus Nichols & Griscom, 1917

Die salmstertbaber (A. brachynema, óf Chrysichthys brachynema) word soms hierby gereken. Die genus was voorheen monotipies, en het slegs uit A. platus bestaan.

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Verwysing

Bron A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001.

Kategorie:Beenvisse