Mormyridae (Bottelneuse) is 'n visfamilie van die orde Osteoglossiformes en kom slegs in Afrika voor. Die familie bestaan uit agtien genera met 200 spesies. In Engels staan die familie bekend as Snout fishes.
Kenmerke Die lang, amper slurpagtige snoet is kenmerkend van die familie.
Genera Die volgende genera en gepaardgaande spesies is deel van die familie: Cyphomyrus Cyphomyrus discorhynchus - Zambezi-papegaaivis
Hippopotamyrus Hippopotamyrus ansorgii - Slanke klipstamper
Marcusenius Marcusenius macrolepidotus - Snawelvis
Mormyrops Mormyrops anguilloides - Roof-bottelneus
Mormyrus Mormyrus lacerda - Westelike bottelneus Mormyrus longirostris - Oostelike bottelneus
Paramormyrops Paramormyrops jacksoni - Spook-klipstamper
Petrocephalus Petrocephalus catostoma - Noordelike stompkoppie Petrocephalus wesselsi - Suidelike stompkoppie
Pollimyrus Pollimyrus castelnaui - Dwerg-klipstamper
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Bronne Skelton, Paul: A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa.''. 2001.
Kategorie:Beenvisse