Die veelbalk-sitarien (Hemigrammocharax multifasciatus) is 'n varswater vis wat voorkom in die boonste gedeelte van die Zambezirivier en die Okavango-, Kunene- en Kafueriviere. Dit kom ook in die Kongorivierstelsel voor. In Engels staan die vis ook bekend as die Multibar citharine.
Voorkoms Die vis het 'n onvolledige sylyn en die lyf is slank en plat met 'n gepunte kop; die oë is relatief groot. Die vis is deurskynend, lig olyfkleurig met 16–25 vertikale strepe op die lyf en daar is 'n swart kol op die basis van die stertvin. Die vis word 45 mm lank.
Habitat Die vis verkies water met baie plantegroei in of vlak mere. Hulle vreet klein ongewerweldes en wortels van plante en broei in die somer.
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Verwysings
Bron A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001.
Eksterne skakel http://fishbase.org/summary/Hemigrammocharax-multifasciatus.html
Kategorie:Beenvisse