Wilhelm Conrad Röntgen (27 Maart 1845 – 10 Februarie 1923) was 'n Duitse fisikus wat op 8 November 1895 die eerste elektromagnetiese-bestraling in die golfspektrum, nou bekend as x-strale, geproduseer en waargeneem het. As erkening vir die ontdekking het hy die eerste Nobelprys vir fisika in 1901 ontvang. In 2004, ter ere van Röntgen se prestasies het die Internasionale Unie van Suiwer en Toegepaste Chemie element 111, 'n radioaktiewe element met verskeie onstabiele isotope, roentgenium genoem. Die meeteenheid vir die blootstelling van X-strale en gammastrale, roentgen, is ook na hom vernoem. Dit is in 1928 as die eerste internasionale meethoeveelheid vir ioniserende straling aanvaar, maar die Internasionale Komitee vir Gewigte en Metings het die gebruik daarvan nooit aanvaar nie.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Duitse fisici Kategorie:Duitse ingenieurs Kategorie:Nobelprys vir Fisika wenners Kategorie:Geboortes in 1845 Kategorie:Sterftes in 1923