duimnael|200px|Die Son, ’n tipiese voorbeeld van ’n geeldwerg, of hoofreeksster tipe G. (Gekleurde swart-wit-foto.)
’n Geeldwerg of hoofreeksster tipe G (G V) is ’n hoofreeksster van spektraaltipe G en ligsterkteklas V. So ’n ster het ’n massa van sowat 0,8 tot 1,2 sonmassas en oppervlaktemperature van tussen 5 300 en 6 000 Kelvin.Empirical bolometric corrections for the main-sequence, G.M. H.J. Habets en J.R.W. Heintze, Astronomy and Astrophysics Supplement 46 (November 1981), pp. 193–237.
Nes ander hoofreekssterre sit ’n G V-ster waterstof in sy kern om in helium deur middel van kernfusie.Stellar Evolution: Main Sequence to Giant , klasnotas, Astronomie 101, Valparaiso-universiteit, URL besoek op 19 Junie 2007. Ons Son is die bekendste en mees sigbare voorbeeld van ’n G V-ster. Elke sekonde word sowat 600 miljoen ton waterstof omgesit in helium.Why Does The Sun Shine?, lesing, Barbara Ryden, Astronomie 162, Ohio State University, URL besoek op 19 Junie 2007.Sun , ARICNS, URL besoek op 19 Junie 2007.
Sterrekundiges verkies die term "hoofreeksster tipe G" omdat G-sterre eintlik tussen wit en liggeel is.What Color Are the Stars?, Mitchell N. Charity's webpage, accessed November 25, 2007 Die Son is eintlik wit, maar vertoon geel deur die Aarde se atmosfeer. En hoewel die term "dwergster" gebruik word om hoofreekssterre van reusesterre te onderskei, is sterre soos die Son helderder as 90% van die sterre in die Melkweg, wat uit meestal oranje-, rooi- en witdwerge bestaan. (Laasgenoemde is in ’n fase ná die hoofreeks.)
Verwysings
Eksterne skakels
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia