Die Wetenskaplike en Nywerheidnavorsingsraad (WNNR) is ’n navorsingsinstelling en ontwikkelingsorganisasie in Suid-Afrika. Dit is op 5 Oktober 1945 gestig en het sy eie kampus in Pretoria. Dit is die grootste navorsings- en ontwikkelingsorganisasie in Afrika en is verantwoordelik vir ongeveer 10% van die totale navorsingsbegroting van Afrika. Daar is ongeveer 3 000 tegniese en wetenskaplikes werksaam, wat dikwels in multidissiplinêre spanne saamwerk.

Navorsingsareas duimnael|Die Skyfly, ’n WNNR/Aerotek teikenrobotprototipe van 1992 by die Suid-Afrikaanse Lugmagmuseum Die WNNR se hoof navorsingsareas is: Biowetenskap Bou-omgewing Verdediging, vrede, veiligheid en sekuriteit Inligting- en kommunikasietegnologie Lasertegnologie Materiaalkunde en vervaardiging Mobiele intelligente outonome stelsels Nanotegnologie Natuurlike hulpbronne en die omgewing Ruimtetegnologie Sintetiese biologie

Navorsingsentrums by die WNNR Nasionale Lasersentrum Meraka-instituut Sentrum vir Myninnovasie

Voorsitters Dr. Basil Schonland – Stigterspresident (1945–1951) Dr. P.J. du Toit (1951–1952) Dr. S. Meiring Naudé (1952–1971) Dr. Chris Brink (1971–1980) Dr. Chris Garbers (1980–1984) Dr. Brian Clarke (1984–1994) Dr. Geoff Garrett (1994–2000) Albert Jordaan (2001) Dr. Sibusiso Sibisi (2002–huidig)

Presidente President Periode Van Name Gebore Oorlede1945-1950Schonland Basil Ferdinand Jamieson2 Februarie 189624 November 19721950-1952du ToitPetrus Johann16 Maart 188813 November 19671952-1971NaudeStefan Meiring31 Desember 190427 April 19851971-1980BrinkChristiaan van der Merwe5 Mei 19151980-1990GarbersChristoph Friedrich21 Augustus 19291990-1995ClarkJames Brian27 Januarie 19491995-?ArndtReinhardt Richard19291 Januarie 2020

Verwysings

Eksterne skakels

Die WNNR se webtuiste

Kategorie:Pretoria Kategorie:Wetenskap en tegnologie in Suid-Afrika