Die Yangambi-botterbaber (Schilbe yangambianus) is 'n varswatervis wat voorkom in die boonste gedeelte van die Zambezirivier en die Kongorivier. In Engels staan die vis bekend as die Yangambi butterbarbel.

Voorkoms Die vis is 'n donker sjokoladebruin met 'n gelerige basiskleur. Daar is 'n groot swart vlek agter die kop. Die onderkant van die kop en pens is ligter van kleur. Die dorsale en pektorale vinne is lank en dun. Die kop is kort en gerond met vier pare baarde om die mond. Die vis word tot 132 mm lank.

Habitat Die vis leef in kleiner woudstrome met rotsbodems. Hulle vreet hoofsaaklk insekte.

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001.

Verwysings

Eksterne skakel http://fishbase.org/summary/Schilbe-yangambianus.html

Kategorie:Beenvisse