Mochokidae (Skreeubabers en Suierbekkies) is 'n vis familie van die orde Siluriformes wat slegs voorkom in Afrika en is ook die grootste baber familie in Afrika met tien genera en ongeveer 170 spesies. Kenmerkend van die orde is komplekse bekke en sterk stekels in die dorsale en pektorale vinne. Daar kom twee genera met 17 spesies voor in Suider-Afrika.

Genera Die volgende genera en gepaardgaande spesies is deel van die familie: Chiloglanis Chiloglanis anoterus - Wimpelstert-suierbekkie Chiloglanis bifurcus - Inkomati-suierbekkie Chiloglanis emarginatus - Phongolo-suierbekkie Chiloglanis fasciatus - Okavango-suierbekkie Chiloglanis neumanni - Zambezi-suierbekkie Chiloglanis paratus - Saagvin-suierbekkie Chiloglanis pretoriae - Kortstekel-suierbekkie Chiloglanis swierstrai - Laeveldse suierbekkie

Synodontis Synodontis leopardinus - Luiperdkol-skreeubaber Synodontis macrostigma - Grootvlek-skreeubaber Synodontis macrostoma - Grootbek-skreeubaber Synodontis nebulosus - Newelrige skreeubaber Synodontis nigromaculatus - Spikkel-skreeubaber Synodontis thamalakanensis - Borrelbaard-skreeubaber Synodontis vanderwaali - Fyntand-skreeubaber Synodontis woosnami - Bo-Zambezi-skreeubaber Synodontis zambezensis - Bruinskreeubaber

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001.

Verwysings

Kategorie:Beenvisse