Synodontis (skreeubabers) is 'n vis genus wat hoort tot die familie Mochokidae. Die genus bestaan uit meer as 100 spesies wat in Afrika voorkom met nege spesies wat in Suider-Afrika voorkom.
Kenmerke Die eksemplare is redelik groot en verkies om in stadigvloeiende strome met baie plantegroei te leef. Die genus het sy naam verkry na aanleiding van die geluide wat die visse maak sodra hulle uit die water gehaal word. Die dorsale vin is lank en skerp en met die goed ontwikkelde en skerp pektrale vinne kan die genus homself goed verdedig.
Spesies Die volgende spesies kom in Suider-Afrika voor: Synodontis leopardinus - Luiperdkol-skreeubaber Synodontis macrostigma - Grootvlek-skreeubaber Synodontis macrostoma - Grootbek-skreeubaber Synodontis nebulosus - Newelrige skreeubaber Synodontis nigromaculatus - Spikkel-skreeubaber Synodontis thamalakanensis - Borrelbaard-skreeubaber Synodontis vanderwaali - Fyntand-skreeubaber Synodontis woosnami - Bo-Zambezi-skreeubaber Synodontis zambezensis - Bruinskreeubaber
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Bron A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001.
Kategorie:Beenvisse