Chiloglanis (Suierbekkies) is 'n vis genus wat hoort tot die familie Mochokidae. Die genus bestaan uit 34 spesies wat voorkom in Afrika met agt spesies wat in Suider-Afrika voorkom.

Kenmerke Die spesies van die genus is klein wat aangepas het om in sterk strome te leef. Hulle word gewoonlik gevind in vinnig-vloeiende strome in die rotsagtige gedeelte of by die stroomversnellings van riviere. Die bek vorm 'n groot skyf waarmee die spesies aan rotse of plante vassuig. Die kieusplete is beperk tot die bokant van die pektorale vin.

Spesies Die volgende spesies kom in Suider-Afrika voor: Chiloglanis anoterus - Wimpelstert-suierbekkie Chiloglanis bifurcus - Inkomati-suierbekkie Chiloglanis emarginatus - Phongolo-suierbekkie Chiloglanis fasciatus - Okavango-suierbekkie Chiloglanis neumanni - Zambezi-suierbekkie Chiloglanis paratus - Saagvin-suierbekkie Chiloglanis pretoriae - Kortstekel-suierbekkie Chiloglanis swierstrai - Laeveldse suierbekkie

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001.

Kategorie:Beenvisse