Baden Landsvlag Landswapen border|150px border|150px (Besonderhede) (Besonderhede) Basiese gegewens Hoofstad: Freiburg im Breisgau Stigting: 1 Desember 1945 Oppervlak: 9 646 km² Bevolking: 1 300 000 Bevolkingsdigtheid: 134,8 inwoners / km² Volkslied: (Landeshymne) geen Politiek Eerste Minister: Leo Wohleb (CDU) Regerende party: CDU Stemmings in die verkiesing van 1947(67,8 % verkiesingsdeelname): BCSV 55,9 %SP 22,4 %DemP 14,3 %KP 7,4 % Laaste verkiesing: 18 Mei 1947 Volgende verkiesing: geen Parlamentêre verteenwoordiging Stemme in die Federale Raad (Bundesrat): 3 Kaart 250px
duimnael|links|Lande op die gebied van die huidige deelstaat Baden-Württemberg ná die Tweede Wêreldoorlog.
Baden, wat tot 2 Desember 1946 amptelik Suid-Baden genoem is, is 'n voormalige deelstaat van Duitsland in die suidweste van die huidige Baden-Württemberg. Die deelstaat is ná die Tweede Wêreldoorlog op 1 Desember 1945 in die Franse besettingsone gestig. Die hoofstad was Freiburg im Breisgau. Die eerste en enigste verkiesing het op 18 Mei 1947 plaasgevind en die Eerste Minister was Leo Wohleb. Op 25 April 1952 het die deelstaat Baden-Württemberg uit die drie lande Baden, Württemberg-Baden en Württemberg-Hohenzollern ontstaan.
Kategorie:Baden-Württemberg Kategorie:Wes-Duitsland