Messier 102 of M102 is ’n sterrestelsel in die Messier-katalogus wat nie sonder twyfel geïdentifiseer is nie. Die oorspronklike ontdekker daarvan, Pierre Méchain, het later gesê dit was ’n herwaarneming van Messier 101,O'Meara, Stephen James. "M102: Mystery Solved", Sky and Telescope, volume 109, nommer 3, bl. 78, Maart 2005 maar sommige sterrekundiges glo dit kon NGC 5866 gewees het,Smith, William Henry. A Cycle of Celestial Objects, 1844 hoewel ander sterrestelsels ook genoem word as moontlikhede.
duimnael|200px|Messier 101 soos gesien deur die Hubble-ruimteteleskoop. Bron: Nasa/ESA. Messier 101 (ook bekend as die Windmeul-sterrestelsel of NGC 5457) is ’n spiraalsterrestelsel in die sterrebeeld Groot Beer. In ’n brief in 1783 het Méchain beweer M102 is ’n foutiewe duplikasie van M101 in die katalogus.H. Frommert, 2006. "Messier 102: Status der Identifizierung dieses Messier-Objekts" (In Duits). Journal für Astronomie, No. 19 (I/2006), bl. 69–71 (Januarie 2006)
duimnael|200px|NGC 5866, soos gesien deur die Hubble-ruimteteleskoop. Bron: Nasa/ESA. NGC 5866, een van die sterrestelsels wat bekend is as die Spil-sterrestelsel, is ’n lensvormige stelsel in die sterrebeeld Draak. Die voorwerp voldoen aan die beskrywing deur Méchain in die gedrukte weergawe van die Messier-katalogus van 1781, asook aan die posisie van die voorwerp soos aangeteken deur Charles Messier in handgeskrewe notas op sy persoonlike lys.
Verwysings
Eksterne skakels SEDS Messier pages: Messier 102 SEDS Messier pages: The Messier 102 Controversy
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Draak (sterrebeeld) Kategorie:Groot Beer C102 Messier 102 Kategorie:Hipotetiese hemelliggame