Die Zambezi elektriese-baber (Malapterurus shirensis) is 'n varswatevis wat voorkom in die middel en onderste gedeelte van die Zambezirivier, Pungwerivier en onderste gedeelte van die Saverivier. In Engels staan die vis bekend as die Zambezi electric catfish.
Voorkoms Die dorsale vin is klein en die stertvin is bolrond. Die kop en lyf is rond en vlesig. Daar is drie paar baarde onder die mond. Die vis is grys aan die bokant, wit aan die onderkant en daar is onreëlmatige vlekke op die lyf. Die vis word tot 500 mm lank. Die Zimbabwese hengelrekord is 5,33 kg.
Habitat Die vis leef tussen rotse en boomwortels in stadigvloeiende of stilstaande water. Die vis is naglewend en vreet hoofsaaklik vis wat verlam word met elektriese skokke. Die elektriese orgaan, wat skokke van tussen 300 - 400 volt lewer, bedek die hele lyf as 'n spesiale laag net onder die vel. Dit word gebruik vir beide aanval en verdediging. Die visse vorm pare en broei in uitgegraafde gate of holtes. Die spesie kan tot 10 jaar oud word.
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Bron A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001.
Verwysings
Eksterne skakel http://fishbase.org/summary/Malapterurus-shirensis.html
Kategorie:Beenvisse