Zane Kirchner (gebore in George op 16 Junie 1984) is 'n oud-Springbokrugbyspeler wat lank vir die Blou Bulle in die Curriebeker en die in Superrugby gespeel het. Hy was ook deel van Suid-Afrika se span tydens die Rugbywêreldbeker 2015.

Kirchner gaan skool op PW Botha-kollege in sy tuisdorp en speel op losskakel vir die skoolspan; hy word eers op heelagter gekies tydens die 2002 Cravenweek. Hy begin sy provinsiale rugbyloopbaan by die Wildeklawer Griekwas, en draf 58 keer vir hul uit sedert sy Curriebekerdebuut in 2003 voordat hy na die Blou Bulle skuif in 2007. Hy maak sy debuut vir die in 2008 en behaal 105 punte vir hul in 82 wedstryde.

Gedurende April 2013 word daar aangekondig dat Kirchner die Bulls verlaat om aan te sluit by die Ierse klub Leinster op 'n tweejaar-kontrak. Hy het nie daarna weer teruggekeer na plaaslike rugby nie.

Op 7 Maart 2017 het Kirchner by die Dragons geteken vir die Walliese streek van die Pro 12-reeks vanaf die 2017–18 seisoen.

Verwysings

Eksterne skakels

Zane Kirchner by Bulls Zane Kirchner by itsrugby.co.uk

Kategorie:Bulls rugbyspelers Kategorie:Geboortes in 1984 Kategorie:Springbokrugbyspelers Kategorie:Suid-Afrikaanse rugbyspelers Kategorie:Lewende mense