Vir ander riviere met dieselfde naam, sien Kraairivier (dubbelsinnig)
duimnael|regs|300px|Die Kraairivier (in die suidwestelike hoek) duimnael|regs|300px|'n Spesiale toeristetrein stoom oor die Kraairivierbrug naby Barkly-Oos in 1979. Volksvertellings wil dit hê dat hierdie trein op dié dag weens te hoë spoed verongeluk het. Die Kraairivier is 'n middelslagrivier in die verre-noordoostelike deel van die Oos-Kaap. Dit ontspring in die Drakensberge suid van Lesotho, vloei weswaarts ná die samevloei van die Bellrivier en die Sterkspruit naby Moshesh's Ford by en deur 'n diep vallei wes van die dorp Barkly-Oos.
Die hele vloedgebied val in die Joe Gqabi-distrik, die rivier kronkel met groot boë weswaarts deur die platorand. Tien kilometer oos van Aliwal-Noord, by , vloei die rivier onderdeur die historiese Sauerbrug (opgerig in 1881)"Stone Arch Bridges Of The Northeast Cape" maclear.co.za"Exploring the Eastern Cape’s bridging legacy" farmersweekly.co.za en 'n nuwe, hoë betonmotorbrug op die R58-hoofpad, digby die Old Toll Inn herberg. Die rivier swenk hierna noordwaarts, begrens die Buffelspruit-natuurreservaat en sluit dan aan by die Oranjerivier net noordoos van Aliwal-Noord by .Physiography of the Kraai River Catchment WalkerBouts.co.za
Die Kraairivier vloei byna sy volle lengte oor sandsteen van die Clarens-formasie.
Hengelvis wat in die rivier en sy bolope voorkom is reënboogforel en grootbek-geelvis."Fly Fishing" wildmountainadventures.co.za
Naam Die rivier was aanvanklik bekend as die Greyrivier. Kol. Richard Collins (1774-1813), die Britse kommissaris van die oostelike grensdistrikte van die Kaapkolonie, het dit in 1809 vernoem na genl. sir Henry George Grey (1766-1845), die militêre bevelvoerder van die Kaap en waarnemende goewerneur van die Kaapkolonie. In die volksmond het die Grey in Kraai verander.
Sytakke Bellrivier: monding= op 1800 m; ontspring= en sy tak, die Kloppershoekspruit: monding= op 1920 m; oorsprong= op 2700 m (teen die Lesothogrens) Sterkspruit , sy sytakke is: Bokspruit; ontspring= op 2450 meter Riflespruit; monding=; oorsprong= Koffiehoekspruit; monding=; Joggemspruit: monding= Langkloofspruit: monding=; oorsprong= Bottelnekspruit: monding= Diepspruit met sytakke, die Bamboesspruit en Driedrifstroom. Carlisleshoekspruit: monding= Maartenshoekspruit: monding= op 1800 m; ontspring= op 2200 m Holspruit: monding=; ontspring= en sy tak, die Telemachusspruit, monding=; ontspring= monding op 1439 m Saalboomrivier: monding= ontspring= en sy regtersytak, die Vaalhoekrivier. Karnmelkspruit: monding= op 1400 m; ontspring= op 2500 m Wasbankspruit: monding= op 1408 m; ontspring= op 1502 m en sy tak, die Wolwespruit, monding op 1441 m Bossieslaagtespruit: monding= op 1350 m; ontspring= op 1480 m
Sien ook Spoorweg Aliwal-Noord–Barkly-Oos Lys van riviere in Afrika Kaart van Kraairivier se monding by Geonames.org (cc-by); pos opgedateer 2012-01-18; databasis afgelaai op 2017-02-28
Verwysings
Kategorie:Riviere in Oos-Kaap