Die Sagkopbaber (Clarias liocephalus) is 'n varswatervis wat in die Kunenerivier, Okavangorivier, die boonste gedeelte van die Zambezirivier en Kafuerivier voorkom. In Engels staan die vis bekend as die Smoothhead catfish.
Voorkoms Die vis het 'n kort, breë kop met vier paar baarde. Die vis is of gewoon bruin of gespikkeld donkerbruin aan die sye en bokant terwyl die onderkant ligbruin is. Die dorsale-, anale- en stertvin het 'n swart strepie by die basis en op die rante van die vinne. Die vis word 282 mm groot.
Habitat Min is bekend omtrent die vis se gewoontes behalwe dat hulle voorkom in rotsagtige gebiede in vloeiende water.
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Bron Skelton, Paul: A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa.. 2001.
Verwysings
Eksterne skakel http://fishbase.org/summary/Clarias-liocephalus.html
Kategorie:Beenvisse